"Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #40754] |
Tue, 03 April 2001 14:12 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
SPROKIE VAN DIE SPIKKELKOEI
D.J. Opperman
Uit holtes van 'n boom
het kuddes vee gekom,
toe kies my broer
die spikkelkoei vir hom.
Ek stoot hom oor 'n krans,
hy val in 'n mik,
toe het 'n kraai
op die spikkelkoei gaan sit.
Smeer vet aan 'n klip,
korrel fyn, moenie kwes,
toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes -
sak 'n duisend kraaie
oor die bloed, oor die klip...
O waar sal ek skuil
teen die stippels wat pik.
|
|
|